
Die daaropvolgende jaar het hy 200 Hulpstamboek A ooie uit sy eie kommersiele kudde in die stoet gesit en teen 2011 was daar 425 ooie in die stoet wat wissel van Hulpstamboek A,B tot vol geregistreerde ooie.
Lamtyd begin einde Maart met lampersentasies van tot 170%. Lammers bereik 'n markgewig van 45kg tussen 120 - 150 dae en slag 52% tot 54% uit. In die 2007 Malmesbury Slaglamkompetisie het Nuweland Dormers 'n lam ingeskryf wat 59% uitgeslag het.
Die 2011 het Nuweland Dormers ook vir die eerste keer aan die Nasionale Veiling te Bloemfontein deelgeneem en was aangenaam verras met 'n gemiddelde prys van R9272 vir die 11 ooie wat ingeskryf was en 'n hoogste prys van R13 000. Daar word defenetief beplan om in die nabye toekoms ook ramme na die Nasionale Veiling te neem en 'n eerste produksie veiling is ook in die beplanning.