Dormer Skaap Stoet

Sedert 2005

Omtrent Ons

Daar word reeds sedert die vroeë 1970’s op Nuweland met die Dormer ras geboer. Daar is hoofsaaklik top Rhenosterbosrug ramme aangekoop vir die kudde.

Die begin van Nuweland Dormers...

Ewan Louw het in 2006 besluit om te begin met ‘n stoet. Hy het twee Rhenosterbosrug SP ramme aangekoop en 88 ooie laat keur uit sy kudde vir Hulpstamboek A ooie. Daarna het die stoet gegroei tot 250 ooie by die ram.
As gevolg van diefstal is die stoet in 2019 verklein na 150 ooie by die ram. Daar is ook oorgegaan na ‘n ag maande sisteem. Die Dormers het ongelooflik vinnig aangepas hierby.

Toekennings

Nuweland Dormers het in 2018 die Elite Dubbel Goue Toekenning ontvang en 2019 en 2020 die Elite Goue Toekenning.

Dormer Skaap Verkope en die
Wes-Kaap Dormer Veiling

Ons verkoop jaarliks ongeveer 50 ramme van die plaas af. Daar word ook jaarliks, sedert 2013, 15 ramme en 15 SP ooie op die Wes-Kaap Dormerveiling te Hoër Landbouskool Boland te koop aangebied. Die veiling word saam met Rhenosterbosrug Dormers en Remkuil Dormers gereël.

Nasionale Dormer Veiling

Nuweland Dormers het ook in 2020 weer aan die Nasionale Veiling begin deelneem. Na die 2015 Nasionale Veiling is besluit om die hele stoet eers op te bou tot SP vlak alvorens daar weer deelgeneem gaan word. Daar word beplan om in die toekoms weer jaarliks aan die Nasionale Veiling deel te neem.
R21 000

Duurste Ram 2020

WesKaap Dormer Veiling

R36 000

Duurste Ram 2019

WesKaap Dormer Veiling

R5 600

Duurste Ooi 2020

WesKaap Dormer Veiling

Eerste Veiling 2012

WesKaap Dormer Veiling

Maak Kontak